)

Hoërskool Monument sing in Wêreld Koorspele 2018

“We are pleased to welcome Monnas Choir to the 10th World Choir Games 2018 in Tshwane. We look forward to your participation”.  Só, het die spele organiseerders “Interkultur” in Duitsland, Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp se deelname aan die 2018 Olimpiese Spele vir kore bevestig.

Die 10de Wêreldkoorspele sal in 2018 vir die eerste keer in Afrika plaasvind nadat dit al onder andere in lande soos Rusland en Duitsland gehou was.  Om te kwalifiseer vir die spele moes die Monnas koor musiekopnames inhandig vir goedkeuring deur die keuringskomitee van “Interkultur”.

Diè kwalifisering is die koor (wat uit 96 lede bestaan)  se tweede hoogtepunt vanjaar nadat hulle ook gekies was om deel te neem aan die finaal van die Nasionale koorkompetisie, Sing in Harmonie.

Die koor se begeleidster, Elmarie de Beer en die koorleier, Duncan Fourie sê hulle is geweldig trots op elke koorlid vir hulle ongelooflike harde werk en lojaliteit van die afgelope jaar, dit is definitief die redes vir hulle sukses, het de Beer bygevoeg.

Die Wêreldkoorspele sal tussen 04 en 14 Julie 2018 plaasvind en inligting oor kaartjies kan verkry word op www.interkultur.com.

Op die foto:  Die 96 koorlede van die Hoërskool Monument in Krugersdorp saam met vyfde van links, voor:  Divan Klopper (koorassistent), Riana de Beer (administrateur), Duncan Fourie (koorleier), Elmarie de Beer (begeleier) en Christopher Fourie (leerdirigent)

Monnas is baie trots op hul fantastiese koor en wens hul voorspoed toe vir volgende jaar!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal