)

Monnas klop Garsies in Semi-Finaal van Virseker Beker

Onrustige herinneringe van die jare 2015 en 2016 se Virseker-Beker (toé Beeldtrofee) halfeindstryde waar Hoërskool Monument (Monnas)  in Krugersdorp se bekerdrome tot ‘n halt gebring was, het by Monumentare opgekom terwyl hulle op pad was Hoërskool Garsfontein (Garsies) toe om hulle eerste rugbyspan (ook bekend as die Witbulle) in die Virseker Beker Semi-Finaal te ondersteun. Op Dinsdag, 22 Augustus 2017  in die ooste van Pretoria het dit vir die eerste halfuur gelyk of Monnas se vrese weereens bewaarheid sou word.

Die Witbulle het die eerste helfte teen die sterk Augustus wind gespeel en was spoedig 11-0 agter.  Nietemin was die Witbulle se veggees duidelik en het die Witbulkaptein, PJ Jacobs se drie en twee strafdoele deur Johnathan Viljoen die telling gelyk gemaak.

Garsies het egter nie gaan lê nie en ‘n strafskop ingekry net voor rustyd wat die telling op 11-14 in Garsies se guns gelos het.  Garsies het aanhou baklei vir hul titel as 2016 Virseker-beker wenners en  het ‘n lang aangee onderskep en ‘n doel aangeteken.

Morné Brandon, SA skole haker en Tumi Manonyane is as voorry op die veld gestuur en die vuur vir die Witbulle gebring wat op daardie stadium nodig was. Hulle het beheer van die vaste fasette geneem en het veral die skrums oorheers en het in die proses verskeie strafskoppe afgedwing.

Brandon en Manonyane se kraglopies het die Witbulle telkens op die voorvoet geplaas en beide het drieë aangeteken.  Brandon het na ‘n strafskop oorgeval en kort voor die einde het Manonyane onder die pale oorgeval om die Witbulle vir die eerste keer te laat voorloop. Kort hierna is nog ‘n strafskop by ‘n skrum afgedwing en is deur  Viljoen  in punte omskep.

Die eindtelling van 31-24 het die Witbulle se plek in die Virseker-beker finaal bespreek. Die Witbulle en Monnas se 0/15 A span speel eerskomende Saterdag in Nelspruit by Hoërskool Nelspruit in Virseker-beker finaal.  Die Witbulle speel teen Hoërskool Nelspruit en die 0/15 A span teen Dr.EG Jansen.

 

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal