Zoë van der Plank en Raquele Pretorius van Hoërskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, skitter in hokkie.
Zoë van der Plank en Raquele Pretorius (Graad 11), van Hoërskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, het tydens die Junie/Julie 2017 vakansie aan die Noordelike Hokkietoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi het van 30 Junie to 05 Julie 2017 in Pietermaritzburg plaasgevind.
Beide hierdie dogters is opgeneem in die 0/18D Suid-Gauteng span en het ‘n baie suksesvolle toernooi gehad. Die span het eerste in hulle kategorie geëindig en is met die goud huistoe.
“Ons is baie trots op hierdie twee dogters. Hulle is beslis ‘n aanwins vir Bastion hokkie,” het Me Annie de Wit, hokkie organiseerder by Hoërskool Bastion, gesê.
Op die foto heel bo: van links: Zoë van der Plank en Raquele Pretorius (Graad 11)
Verskaf deur: Monique Naudé
Become a Sponsor









