Gedurende die Hoofleierseremonie vanoggend is die hoofleiers en onderhoofleiers van Vereeniging Gimnasium aangewys!
Hoofdogter: Michelle Stoffberg
Hoofseun: TJ Kleynhans
Onderhoofdogters: Anna-Marie Ellis & Rache Viviers
Onderhoofseuns: Henro Verhoef & Edre Pretorius
“As deel van die hoofleierskorps belowe ek om my loopbaan by Vereeniging Gimnasium te skoei op die skool se vyf hoekstene.
Ek besef my balkie plaas my nie hoër as ander nie, maar my verantwoordelikhede is net groter. Dus sal ek nederig bly! My leiersrol
sal my lewe ryker en voller maak, dat opofferings die moeite werd sal wees en dat ek tot alles in staat is deur Jesus Christus wat my
krag gee!”
Become a Sponsor









