)

Hoërskool Drie Riviere spog met hul Super Sjefs!

Veertien spanne het Saterdag, 17 Maart 2018, gebak en gebrou om die titel van die Drierie
Supersjefs te verower. Die spanne, wat elk bestaan het uit een onderwyser en drie leerders, moes nie net

‘n driegangmaaltyd voorberei vir hul gaste nie, maar hulle moes ook ? tafel dek en versier. Die beoordelaars was me. H. van der Westhuizen,  me. A. van der Merwe en me. J. Skelton.  Die beoordelaars het voorwaar  ? uitdagende taak gehad om die wenners in die verskeie kategorieë te identifiseer, aangesien al die spanne die tema:   Van Kaapstad na Parys” voorwaar uitgeleef het.   Me. Skelton, een van die beoordelaars, is self ‘n voormalige wenner van die kompetisie in 2015 en 2016.

 

Op die ou einde was dit me. R. Niemand en haar span, “CHOP IT LIKE IT’S HOT” wat met die louere en die kontantprys van R1000 per spanlid, weggestap het.   Haar span het ook die pryse vir die beste nagereg en beste spannaam gewen. Die tweede prys het aan “LEMON2” gegaan en die “incrEDIBLES” moes tevrede wees met derde plek.   Lisa Khuse is verder aangewys as die Beste Sjef.

Die organiseerders wil graag die borge van die dag bedank,  in besonder  Four Way Spar wat vir die derde agtereenvolgende jaar die dag se bestanddele geborg het. Die ander borge sluit in Domino’s Pizza, Lord’s Signature Hotel, Life Stationers, Amysa Staioners, Porky’s Biltong Deli, Take 5, Drie Riviere Vleismark en  Drie Riviere Spur.  Die genoemde borge,  sowel as  me. J. van Aswegen se toevoegings  het tot die sukses van die kompetisie bygedra.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal