Die Hans Moore Musiekskool se leerders o.l.v dr. Marita Badenhorst het oudergewoonte puik presteer tydens die onlangse Musiekteorie-eksamens van Unisa. Die musiekskool spog met twee leerders op die Unisa-ererol vir uitblinkers met gemiddelde van 95% en meer.
Net ān handjievol leerders regoor Suid-Afrika spog met hierdie prestasie!! Die leerders is SimonĆ© du Toit (98%) en Tersia Crafford (95%). Afgesien van hierdie puik prestasies slaag 15 leerders hulle eksamens met lof en 4 met eervolle vermelding, terwyl 8 kandidate ook die eksamens met goeie gevolge aflĆŖ.
Die onderskeidingskandidate van die Hans Moore Musiekskool na afloop van die eksamens is
SimonĆ© du Toit ā 98%,Tersia Crafford- 95%,Charlize Muller- 89%,Devlin Breedt- 88%, Danica Hough-88%, Stephen Hill- 88%, EsmĆ© Raaths- 87% ,Cailin Breedt- 86%, Brandon Potgieter- 86%,Ilanka van Eeden- 85%, JP Swart- 84%,Daniel Mearns- 83%, Ethan-Sean Hullyer- 81%,Natalie Coetzer-80%, AmorĆ© Groenewald- 80%.
Baie geluk aan al hierdie kandidate!