Schools That Rock publiseer berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Linden, Gauteng, se oud-leerder Elvis Blue, (alias Jan Hoogendyk) het sy merk in die lewe gemaak. Jan Hoogendyk is in Johannesburg gebore. Hy het homself geleer kitaar speel op die ouderdom van 16. Hy het ook vroeg begin om sy eie musiek te skryf. Gedurende sy hoërskooljare aan Hoërskool Linden, het hy in verskeie orkeste gespeel, maar het verkies om sy kennis in London en Skotland te verbreed.
Met sy terugkeer, het Elvis formele onderrig in musiek ontvang met die fokus op klavier, kitaar, sang en liedjieskryf. In 2010het hy aan Idols Suid-Afrika deelgeneem. Hy het daarna ‘n ATKV Lier Toekenning ontvang. Elvis Blue is in November 2010 bekend gestel en het binne 29 dae goud behaal. In 2011 het dit platinum-status bereik. In 2013 het Elvis Afrikaans vrygestel wat in 2014 platinum-status bereik het.
Elvis het in sy kort loopbaan verskeie toekennings ontvang as bewys dat hy sy suksesvolle sangloopbaan nog ver sal bring!