)

Hoërskool Punt Metropolitan ‘n reuse sukses

Vlnr:  Mnr. I. van Zyl (adjunkhoof), Me. C. Spies, (adjunkhoof) en Mnr. A. Gouws (skoolhoof)

Hoërskool Punt se jaarlikse Metropolitan was weereens ‘n reusesukses.  Ons “Gorries” het,soos in die verlede, weer pragtige hoede en perdjies gemaak. Die res van die skool het toegekyk terwyl die Gr 8-dogters met hul pragtige hoed (hul eie skeppings) op die loopblank geparadeer het. Die Gr. 8-seuns het weer op ‘n hindernis baan teen mekaar gekompeteer met hul perde (eie skeppings) in die hand.

Die gr. 12-leerders het pragtig gelyk in hul uitrustings wat gepas was vir enige spoggerige geleentheid. Die res van die skool kon gekleurde strikdassies en gekleure linte by hul normale skooldrag dra – ‘n pragtige, kleurvolle gesig!

Die ouers wat die geleentheid bygewoon het, het die dag in die son baie geniet en ook lekker gelag vir die glyende “perde” op die hindernisbaan.

Baie dankie aan Me. Schoeman, Mnr. Botha en prefekte vir die skitterende dag wat julle aangebied het. Punt bedank ook die borge wat gehelp het om van die dag ‘n suskses te maak. Die dames van die OOV het, soos gewoonlik, ook hul kant gebring om die droë kele en honger magies te vul!

Proudly Point!

Vlnr: Johannes Pretorius en Albert Swanepoel
Vlnr: Lisa van den Heever, Alexis Nell, Luné van Zyl en Mia Basson

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal