)

KFC PUNT 2019 KRIEKETFEES

Ewan Schoeman en Jan-Hendrik Marx.

Hoërskool Punt is trots op die 2019 Krieketfees, wat in samewerking met KFC Heiderand en Voorbaai,  gedurende die vakansie vir 0/19-spanne aangebied is.  Dit was vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gekom het om krieket te speel.

Die volgende skole was by vanjaar se Krieketfees betrokke: Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua, Glenwood House, Hoërskool Oudtshoorn, Langehoven Gimnasium, Hoërskool Sentraal (Beauford-Wes), Despatch, Parel Valei, Hoërskool Brackenfell, HTS Daniel Pienaar, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Strand,  Diamantveld, Framesby, Hoërskool Jim Fouché, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Stellenberg, Nico Malan, Hoërskool Ballville, Hoërskool Charlie Hofmeyr, Swartland, Dirkie Uys, Paarl Gimnasium, Hoërskool Sentraal (Bloemfontein), Hoërskool DF Malan en Marlow Landbouskool.

Die doel van hierdie jaarlikse fees is om aan 0/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp, vriendskappe te smee,  en die pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van die plaaslike krieket en die gemeenskap by te dra. Dit vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ‘n aktiewe leefstyl aanmoedig, en Mosselbaai, die dorp, bemark.

Vanjaar het 26 skole aan die toernooi deelgeneem. Wedstryde is in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel. Hoërskool PUNT en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!

Hoërskool Punt se spelers het baie goed gevaar en mooi resultate gelewer. Ewan Schoeman (gr. 8) het 7 paaltjies geneem teen Swartland en 4 teen Tygerberg. Jan-Hendrik Marx het 104 lopies aan teen Swartland aangeteken.

Hierdie is ‘n trots Hoërskool Punt en Mosselbaai Dorp geleentheid!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal