Anri Knapp en Lucia Pauw
Op 3 Augustus het Lucia Pauw en Anri Knapp aan die finale rondte van die ATKV -Debatkompetisie,
wat by ATKV Goudini Spa gehou is, deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en
onder die top 14 spanne in die land geëindig. Dit is ‘n uitstekende prestasie veral ook omdat dit die
eerste keer is wat hulle aan debat deelneem.
Hoërskool Punt is baie trots op julle!