Agter: Janru van den Berg
3de ry vlnr: Danielle Marais, Runé Roux, Carlene Müller, Lourens de Villiers, Amor Hall, Douwleen Conradie, Liza Coetzee, Nina Kolesky en Bertus Kruger 2de ry vlnr: Anja van Staden en Minette van Zyl Voor vlnr: Suné Joubert, Karlien de Wet, Jana Basson, Lee-Ann Marsi en Siphosihle Ngcwangu Afwesig: Robynne Edwards
|
Hoërskool Punt se Tienertoneel-groep het weer vanjaar aan die jaarlikse ATKV-Tienertoneel
deelgeneem. Dit het op 25 Julie in Port Elizabeth in die ‘Opera House’ plaasgevind.
Me. Wourie Delport (personeel) het die teks geskryf en was ook die regisseur van die Produksie, Wit Duisternis.
Al die produksies se standaard was baie hoog en Hoërskool Punt is baie trots op die volgende toekennings wat hulle ontvang het:
- Sertifikaat vir die Spinnekopkostuum
- Brons sertifikaat vir Me. Delport se teks
- Sertifikaat vir Deelname