Tweehonderd ses-en-twintig leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal het die naweek na die Paarl gereis waar hulle aan die tradisionele Somerinterskole teen Boland Landbou deelgeneem het. Dit was ook die eerste geleentheid waartydens die jong Bulletjies hul talente op die sportveld kon beoefen en beïndruk.
Die Oakdalers het baie goed op die tennisbaan vertoon en het die o/15- en o/19-spankompetisies gewen. Dit is duidelik dat die tennisakademie van mnr. Wimpie Helmand, in samewerking met die Oakdale-afrigters, vrugte afwerp. Die tellings lyk as volg: o/19A: Oakdale wen 6-0; o/19B: Oakdale wen met 44-38 potte; o/15A: Oakdale wen 6-0 en o/15B: Oakdale wen 5-1.
Ses krieketwedstryde is gespeel waar Boland die bo-toon gevoer het. Tog was dit die o/15 A-span wat hul wedstryd op indrukwekkende wyse gewen het. Die o/19 B- en o/15 C-span se wedstryde was tot aan die einde ? naelbyt stryd. Alhoewel die o/19 A-span ? goeie 192 lopies in 50 beurte aangeteken het, was dit net nie genoeg vir ? oorwinning nie.
Dit was egter tydens die atletiekbyeenkoms waar die Oakdalers weereens hul staal gewys het en die Interskole-atletiek vir die tiende agtereenvolgende jaar met 783 punte teenoor Boland se 616 punte gewen het.
Oakdale atlete se entoesiastiese deelname het gesorg dat hulle drie van die vier ouderdomsafdelings wen. Dit was veral Philip Kleynhans wat beïndruk het deur twee rekords in onderskeidelik gewigstoot, met ? afstand van 17,01 m en skyfwerp, met ? afstand van 51,4 m vir S.17 verbeter. Machs Hälbich breek die S.17 verspringrekord met ? afstand van 6.74 m. By die S.15’s breek Markus Viljoen die 1500 m- in ? tyd van 4:39.40; Pienie Pienaar 1 500 m stap- met ? tyd van 7:43.00 en Marcel Strydom die hoogspringrekord met ? hoogte van 1.72 m. Jared Erasmus breek sy eerste Interskolerekord in 300 m hekkies vir S.14 in ? tyd van 42.50 s.
Oakdale stap weg met drie van die toptoekennings. Die beste veldatleet S.14 was JL van Rensburg in gewigstoot met 798 punte en Philip Kleynhans S.17, gewigstoot met sy 859 punte. Hendrik Victor was die beste baanatleet S.19 met 704 punte in die 110 m hekkies.
Foto bo:
Toptoekennings by Interskole-atletiek
Agter: v.l.n.r.: JL van Rensburg (beste veldatleet S.14), Philip Kleynhans (beste veldatleet S.17) en Hendrik Victor beste baanatleet S.19).
Voor: v.l.n.r.: Ruhan Els (spankaptein) en mnr. André Latsky (skoolhoof).