)

OAKDALE LANDBOUSKOOL MAAK REG VIR SOMERINTERSKOLE

Op Vrydag, 18 Januarie, het die Oakdale-leerders hul talent op die atletiekbaan ten toon gestel. Afgesien van puik prestasies en die Blouspan se oorwinning, het die volgende atlete rekords verbeter: Philip Kleynhans (S.17) gewigstoot met ? afstand van 16,85 m, Tino Singe (S.17) 100 m met ? tyd van 11.20 sek., Pienie Pienaar (S.15) 1 500 m stap met ? tyd van 7:83.00, JL van Rensburg (S.14) gewigstoot met ? afstand van 15.39 m asook die hamergooirekord met ? afstand van 31.54 m en Jared Erasmus (S.14) verspring met ? afstand van 5.37 m.

Die Senior Victor Ludorum, met ? totaal van 2109 punte, is deur Simeon Oosthuizen ingepalm. JL van Rensburg is vanjaar die Junior Victor Ludorum. Oor drie items versamel hy 2070 punte volgens die ASA-tabel.

Tweehonderd twee-en-veertig leerders neem gedurende die week en naweek deel aan die tradisionele somerinterskole tussen Oakdale en Boland Landbou in die Paarl. Deelname geskied in die volgende sportsoorte:
• Twee o.19- en o.15-tennisspanne
• Ses krieketspanne (o.19 en o.15)
• Atletiekspan van 144 atlete

Afgesien van strawwe mededinging, lê die waarde van hierdie interskole opgesluit om aan leerders die geleentheid tot massadeelname en die ervaring van samehorigheid en spangees te bied.

Foto heel bo: Simeon Oosthuizen (Senior Victor Ludorum) en JL van Rensburg (Junior Victor Ludorum).

Die manne het die rekords laat spat!

Agter: v.l.n.r.: Philip Kleynhans en JL van Rensburg.
Voor: v.l.n.r.: Jared Erasmus, Tino Singe en Pienie Pienaar.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal