Twee nuwe leerkragte het vanjaar by die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal as deel van die Oakdale-onderwysspan begin. Mnr. Jean-Ben Naudé is die onderwyser wat Landbouwetenskap en Landboubestuurspraktyk aanbied en is afkomstig van Hoërskool Prieska.
Mev. Marianne de Jager is ? ervare onderwyseres afkomstig van Hoërskool Ermelo wat Engels Eerste Addisionele Taal sal aanbied. Mev. De Jager en haar man het reeds gedurende 2018 na Riversdal verhuis.
Mnr. André Bester is aangestel as Departementshoof Tale en sal Afrikaans Huistaal aanbied. Mnr. Bester is reeds sedert Oktober 2018 by Oakdale en was vir die afgelope tien jaar onderwyser aan Bloemfontein Grey.
? Baie genotvolle beroepservaring word hierdie nuwe leerkragte op Oakdale toegewens.
v.l.n.r.: Mnre. André Bester, Jean-Ben Naudé en mev. Marianne de Jager.