)

Oakdale-familie groei sterk

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]

Die Hoër Landbouskool Oakdale het op Dinsdag 8 Januarie honderd-en-een graad 8-leerders geregistreer. Van hierdie groep nuwe Bulletjies maak 94 van koshuisinwoning gebruik. Hierdie entoesiastiese groep jong Bulletjies kom van reg oor die Wes-Kaap, maar ook so ver as die Oos-Kaap en Gauteng. Die leerdertal is tans vierhonderd ses-en-sestig, die hoogste in die bestaan van die skool.

Die groep graad 8’s het die afgelope 10 dae reeds op verskeie wyses as individue saamgesnoer tot ? hegte eenheid. ? Verskeidenheid groepaktiwiteite, onder leiding van die Verteenwoordigende Raad van Leerders, in samewerking met die 2019-matriekklas en personeel, is aangebied. Daar is op die Buiteplaas geslaap, aan spanbouaktiwiteite en ? “Kruiwa Grand Prix” deelgeneem. ? Swemgala, atletiekbyeenkoms en rugbyproewe is ook gehou.

Saterdagaand is die week afgesluit met ? braai saam met hul ouers. Die span met die beste gees, die wenspan van al die aktiwiteite, die beste sportman asook baan- en veldatleet is by die geleentheid aangewys. Daniël Malherbe verdien om uitgesonder te word vir sy deursettingsvermoë en sportmangees.

Foto bo: Die span met die beste gees vir die week was die Brahmane.

Agter: v.l.n.r.: Wilhelm Kuun, Lian la Cock en Wiehan Kok.

Middel: v.l.n.r.: Hanré Jubelius, Petré King, Hennie Keyser en Janico Kriel.

Voor: v.l.n.r.: Stefan Korff en Uysie Keyser.

Afwesig: Christiaan Jansen van Vuuren.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Graad-8s.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]

Foto links: ? Honderd-en-een graad 8-leerders van reg oor die land het deel geword van die Oakdale-familie.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Spanwenners.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]

Foto links: Die span wat die beste gevaar het gedurende die week met die verskillende aktiwiteite was die Bonsmara’s.
Agter: v.l.n.r.: Gerhard Ehlert, Christopher Gomes en Jared Erasmus.
Voor: v.l.n.r.: Theo Ferreira, Tian Ferreira, Louis Fourie, Joshua Ewing en Gerhard Ferreira.
Afwesig: Michael Fourie.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Prestasies.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]

Foto links: JL van Rensburg is as die beste veldatleet, Hennie Otto die beste baanatleet en Johan Venter die beste sportman aangewys.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.18.7″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Oakdale-Daniël-Malherbe.jpg” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]

Foto links: Liam Louw (hoofseun) saam met Daniël Malherbe wat die beste deursettingsvermoë en sportmangees tydens die week getoon het.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal