)

Hoërskool Punt fotografieklub

LiveLife tussen die Canolas-

Raai Raai

Wat het Lente… Canola-lande … die eksamen is amper verby …in gemeen?

Antwoord = dis son … geel … en…glimlaggende fotograwe = LiveLife

30 Van Hoërskool Punt in Mosselbaai se fotograwe het hierdie raaisel gaan oordink, beoefen en die tema “Live Life” gaan uitleef op die prag Canola-lande net buite Mosselbaai.

Dit was ‘n vreugdevolle uitstappie en daar was eintlik nie ‘n oomblik van stilte nie… want tussen die opgewonde giggels en die “click” van die kameras is die prag-lande gevul met ‘n unieke energie. As jy fotograwe loslaat…kan selfs ‘n klippie in ‘n Canola-land omskep word in iets spesiaals…dit begin leef!

Ons het voorbereid gegaan met “props” van alle soorte…helder T-hemde sodat juffrou ons kan raaksien … daar was selfs ‘n model om seker te maak ons oefen als wat ons die jaar geleer het, op een dag.

Dus tekstuur, lyne, patrone, voorgrond-middel-agtergrond, derdes, reguit horisonne, kleure, en kreatiwiteit…dink uit die geel boks uit …dit was ‘n droomdag vir ‘n fotograaf… tussen die Canolas kon elke fotograaf net weer besef… my foto is uniek en ek wil elke oomblik vasvang om my storie te vertel soos ek dit sien … geel is nie altyd dieselfde geel nie… LiveLife …

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal