Laerskool Outeniqua van George se Vokale Ensemble het deelgeneem aan die Artscape Schools Arts Festival in Kaapstad.
Hulle het die voorreg gehad om op te tree in ‘n regte teater met koortrappe wat inbeweeg oor die verhoog. Hulle is ook blootgestel aan teater-etiket en lang ure se “wag” vir ‘n paar minute se optrede. Besoek is ook gebring aan die Cape Wheel, Two Oceans Aquarium en Laser Tag.
Heerlike etes by die Watefront het verseker dat energievlakke hoog bly.