Me. Tania de Kock (Life Coach – HS Punt) het elf nuwe leerders by Hoërskool Punt van Mosselbaai op die eerste dag van die derde kwartaal verwelkom. Dit is vir Hoërskool Punt belangrik om die nuwe leerders dadelik te laat tuis voel en daarom ontvang Me. de Kock die leerders en stel hul aan die skool bekend. Sy sorg ook dat elke nuwe leerder ‘n skoolrooster, boeke, dagboek en al die ander belangrike inligting ontvang.
Foto:
Voor vlnr: Aniska Zeelie, Reuben Lourens, Michelle Brummer, Klariska Ueckermann,Geneva Kaderli, Me. Tania de Kock
Agter vlnr: Marnus Prinsloo, Duan van Eeden, Douw Steyn, Jurgens Viljoen, De la Rey Steyn
Afwesig: Divan Slippers