)

Hoërskool Punt se besoek aan die Bet-El Huis versorgingseenheid

Soos elke keer vantevore was die besoek deur Hoërskool Punt aan die Bet-El Huis versorgingseenheid uit ‘n ander wêreld en vol pret. Trane het gerol en maagspiere het behoorlik gewerk van die stories wat hulle kan kwyt raak.

Op Maandag, 14 Mei, het van Hoërskool Punt se leerders Bet-El Huis besoek om vir die bejaardes te wys dat hulle as Senior Burgers wel iets beteken vir ander mense. Ons het vir hulle ‘n lekker koek gebak en klere wat aan die projek geskenk is, is uitgedeel. Tannie Patsy het vir ons ‘n modeperade gehou waar sy dan besluit het watter klere haar die beste sal pas.

Ons beoog om in die nuwe kwartaal ‘n insameling te hou vir klein dingetjies soos toiletware, inkleurboeke en kryte, en ander dingetjies wat hulle in die toekoms kan help. Enige skenkings kan by me. Van Staden by Hoërskool Punt afgegee word. Skenkings moet gemerk word as bedoel vir die Bet-El Projek.

 

Foto aangeheg:  Bianca de Swardt by een van die inwoners

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal