Die Musiekdepartement van Hoërskool Outeniqua het op Woensdag 14 Maart ‘n baie suksesvolle Etensuur konsert aangebied as deel van die NG Moedergemeente se konsertreeks. ‘n Verskeidenheid werke, onder andere My Favourite Things (uit The Sound of Music), The Pirates of the Caribbean temalied en Danny Boy is deur die Instrumentale Ensemble (o.l.v. Ruan van der Vyver), Vokale ensemble (o.l.v. Karin Netley) en Jazz-band (o.l.v. Lynette Petersen) voorgedra. Daar was ook solo items gelewer deur Lara Vellema op fluit en Elizma Beyleveld op klavier. Twee van die Gr. 11 vakmusiek leerders, Franco Engelbrecht (klavier) en Kerwin Albertus (saksofoon) het van hul oorspronklike komposisies aangebied. Die kwaliteit van elke uitvoering was van ‘n besonderse hoë gehalte en is met groot waardering deur die gehoor ontvang. Die Jazz-band – beter bekend as “Die Katz” het die program afgesluit met die energie – ryke werk getiteld Soweto is where it’s at deur die legendariese komponis Abdullah Ibrahim.
Hierdie leerders is die lede van die Vokale Ensemble:
Ry 1 – Ben van Niekerk, Franco Engelbrecht, Mondor Arries
Ry 2 – Elisa Bernardo, Yzanne Potgieter, Karin Netley (afrigter), Karien Burger, Dian Swanepoel
Ry 3 – Dominique Janse van Rensburg, Elizma Beyleveld, Mia Moore, Lee Miller, Ian Grobler
Ry 4 – Anke van der Schyff, Marize Gouws, Thinus Botes, Eckardt Muller
Ry 5 – Nadeane Maritz, Kerwin Albertus