Kwagga Lang Tafel 2018 sê namens Hoërskool Outeniqua, George, baie dankie aan die lojale borge (sien logos op plakkaat), gaste wat die geleentheid ondersteun het, asook ouers wat hulp en skenkings aangebied het. Die LEERDERS wat deelgeneem het aan die program onder leiding van Wehan van Jaarsveld, Karin Netley en Lynette Petersen was pragtige ambassadeurs vir Outeniqua. Die skool se terreinspan en werkers het hulself weereens bewys as super staatmakers. Ons opregte dank en gelukwense aan die ouers van die 2018 Reëlingskomitee : Adele Hayes, Karen Victor, Meloney Oliphant, Riana du Plessis, Samantha Brink, Serena Groenewald, Iryna Diedericks, Elana van Rensburg, Elrinda van der Schyff, Maxie Pretorius, Melanie Maree, Norette Katzke, Elaine Keyser en Thea Terblanche. Jul harde werk en lojaliteit teenoor Kwaggaland word hoog op prys gestel!