)

Hoërskool Punt groet sy klas van 2019

Vlnr:  Sameer Mathews, Jessé Weber, Regan Nielsen, Malcolm Hamilton, Danielle Marais, Ian Visser, Simon Terry, Reece Taljaard en Taegan van Niekerk

Soos ‘n oogwink is nog ‘n groep matriek se skooljare verby!  Kan dit dieselfde klein gr 1’tjie wees wat vandag, 12 jaar later,  as ‘n pragtige jong man/dame by die hek van die skool uitstap!  Net ‘n eksamen wat tussen skoolkind en die grootmens-wêreld lê!

Hoërskool Punt het weer, soos in die verlede, op ‘n baie mooi manier van hul pragtige groep jongmense afskeid geneem.  Die verrigtinge het begin met ‘n pragtige saalbyeenkoms, waar die ouers ook teenwoordig was, en daarna ‘n heerlike tee met die ouers, leerders en personeel.  Alles was laastes vir hierdie groep leerders.

Dan het die groot oomblik, en jarelange tradisie, aangebreek!!!!  Die uitgelate groep gr. 12’s het gestroom na die Poort by die Punt waar hulle, met skoolklere en al, in die Sloep ingespring het. Sommige kon nie wag om te spring nie terwyl ander maar huiwerig was, maar darem met die aanmoediging van hul vriende, gespring het. Die mammas en pappas het oral ‘n gaatjie gesoek om hierdie “springery” dop te hou!

Dit was ‘n pragtige, sonskyn dag en die jongmense het die water geniet,  alhoewel die water nog steeds maar bitterlik koud was.

Ons groet ons matrieks en wens hulle sterkte toe met die GROOT EKSAMEN wat voorlê.  Hoërskool Punt wens julle ‘n baie mooi toekoms toe en mag jul elke dag VAN HOOG NA HOËR, soos ons leuse sê, leef!

Voor: Taegan van Niekerk en Ian Visser Agter: Simon Terry en Reece Taljaard
Links Winona Oosthuizen en Elrize Moolman

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal