Laerskool Nelspruit se 0/13B Netbalspan is die naweek van 24-25 Mei, tydens die MSN – B kampioenskappe in Middelburg, aangewys as Mpumalanga 0/13B wenners. Hulle is reeds as Ehanzeni Laeveld wenners twee weke gelede gekroon.
Nellies is baie trots op die dogters. Die MSN A-kampioenskappe vind eerskomende naweek by Laerskool Witrivier plaas waar Nellies se 0/11A, 0/12A en 0/13A spanne gaan deelneem. Al drie spanne is reeds aangewys as Ehlanzeni Laeveld wenners!
Agter vlnr: Chloë Mabitla, Christine Venter, Amor de Jager, Zoe Scheepers, Jenna Smal,
Middel vlnr: Inge van Staden, Lindré Steenkamp en Amoré Gerber
Voor: Owami Mhlanga