)

Liggie-atlete onder top 10 atlete in Suid-Afrika

Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se atlete, Mikyla le Roux (o/19) en Kwanele Nkambule (o/16) het vanaf 20 tot 23 Maart aan die SA Atletiek Kampioenskappe deelgeneem wat in Port Elizabeth plaasgevind het.

Mikyla het aan die diskus en gewigstoot items vir dogters o/19 deelgeneem en het in beide haar items ‘n 9de plek behaal. Kwanele het met sy 100m-item deurgedring na die semifinaal en met sy 200m-item het hy ‘n 9de plek behaal.

Tydens hierdie byeenkoms het hy aan die o/17 ouderdomsgroep deelgeneem. Kwanele het ook aan die ASA Nasionale Junior Kampioenskappe deelgeneem wat op 27 Maart in die Paarl plaasgevind het.

Kwanele het tydens hierdie byeenkoms aan die o/19 ouderdomsgroep deelgeneem wat hy met sy 200m-item ‘n 5de plek behaal het.

Ligbron is met reg trots op hierdie twee atlete se besondere prestasies om albei onder die top 10 atlete in Suid-Afrika te eindig.

Foto: Mikyla le Roux en Kwanele Nkambule

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal