Rowan Mafutu van Laerskool Outeniqua is Donderdag, 22 Augustus, as Eden Sportraad se Junior Sportman van die Jaar aangewys. Hy was deel van van die SWD 0/13A Cravenweek span en het ook die Goue Medalje in die 150m seuns 0/12 by die SA Atletiek kampioenskappe verower. Hy het met hierdie oorwinning ‘n nuwe SA rekord opgestel. Rowan is genooi na die Wes-Kaap Sporttoekenning wat op 14 September in Kaapstad gehou word.