)

Hoërskool Strand oud-leerder maak merk in wynbedryf

Stian Victor, ‘n oudleerder van Hoërskool Strand se 2013-matriekklas, is tans deel van die wynmaakspan by Badsberg naby Worcester. Stian het 2017 by Badsberg ingeval en sedertdien het Badsberg uitstekende wyne geproduseer. In 2018 het Badsberg se Chardonnay Sur Lie platinumstatus by die Michaelangelo-wynskou verower. Drie ander wyne, nl. ‘n Cape Vintage (‘n port), ‘n Pinotage en ‘n vonkelwyn het goue medaljes verower. In 2019 het Badsberg uitsonderlik by die SA Jongwynskou presteer en die Pietman Hugo-trofee vir die vyf top wyne verower.

By 2019 se Michaelangelo-wynskou het Badsberg goue medaljes vir hulle Cape Vintage (‘n port) en Merlot, verower. Hulle rooi Muskadel het goud by die Veritas-wynskou verower en vier wyne het vier sterre in die John Platter- wyngids verower. Hulle Badslese, ‘n soet dessertwyn, het ‘n briljante vyf sterre in hierdie wyngids verower.

Die stroom goeie wynmakers wat die Hoërskool Strand oplewer, is verstommend. Dit is beslis iets waarop die skool trots kan wees.

Die Arende is opreg trots op Stian!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal