Agter v.l.n.r. Tiano de Sousa, Franko Van Wyk, WP Humphries, Emihl Rossouw, AJ Steyn en Andre de Goede.
Voor v.l.n.r. Paul Esterhuizen, Ruben Crous, Pierre van Zyl, Juf Liandri Laubscher, Iwaan Bloys, Zac Louw, Mnr. Sedrick Taljaard (Radio Tygerberg)
(afwesig vir foto Dandre Jansen van Nieuwenhuizen)
āHoĆ«rskool Durbanville wenĀ #VREESloos2019.
Die derde Radio Tygerberg 104fm #VREESloos is pas in die bed gesit en vanjaar was dit ān kop-aan-kop stryd met die HoĆ«rskool Durbanville wat uiteindelik as wenners van #VREESloos2019 aangewys is. Die skool het R30Ā 000 van Radio Tygerberg 104fm ontvang.
DieĀ DurbiesĀ het ook die sosiale media prys van R5000 vanĀ AWSUM gewen met hul wen-video wat in minder as 24 uur meer as 2Ā 200 keer gekyk is. Hulle het die baie belangrike en ernstige onderwerp van geweld teen vroue en kinders in hul video uitgelig en bewustheid vir die organisasie,Ā One Billion RisingĀ met hul veldtog, #VREESloosVirVroue geskep.
Vanjaar het vyf skole deelgeneem aan die baie gewilde #VREESloos-uitdaging van Radio Tygerberg 104fm waar leerders uitgedaag word om hul vrese te oorkom en as gelowiges, die wĆŖreldse uitdagings met moed en deursettingsvermoĆ« aan te vat. Deur in spanne saam te werk, op ander te vertrou en mekaar te motiveer word eenheid en spangees ook bevorder. Skole kies ook ān saak wat bewusmaking kry gedurende die uitdaging en moet sosiale media effektief gebruik om dit te kommunikeer. Benewens HoĆ«rskool Durbanville en DFM, het HoĆ«rskool Stellenberg, Tygerberg asook Bellville aan die uitdaging deelgeneem.