Die baie talentvolle tromleerlinge van Laerskool Hendrik Louw, Strand, wat deur Mnr Henk Otto onderrig word, het almal gedurende die laaste naweek van Augustus aan die Helderberg Eisteddfod se perkussie afdeling deelgeneem en uitstekende uitslae ontvang.
Hulle spog met 11 x Cum Laude, 6 x Goud +, 6 x Goud en 1 x siwer sertifikaat.
Hendrik Louw is baie trots op hierdie leerlinge!