)

ROESELARE GEREED VIR HUL EUROPESE UITREIK

Agter vlnr: Simeon Momberg, CJ Smit en Tristan Nel

Middel vlnr: Kelly Botha, Jalize Herbst, Ansunet Bause en Ian Ter Haar

Voor vlnr: Juliana Kotzé (onderwyseres), Mienke Kleinhans, Melissa Breedt, Marli Botha, Danée Pfaff, Amore Rossouw en Lynette Wolff (onderwyseres).

Groot opwinding heers vir 12 Hoërskool Strand-leerders en twee leerkragte, want vanaf 14 September tot 6 Oktober verruil dié groep Suid-Afrikaners hul tuisland vir Europa!

Dit is reeds die agtiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied aan twaalf graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou.

Die groep skop hulle toer af met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek hulle na België waar die Belge met ‘n ongelooflike program vir hulle wag. Die groep besoek Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander besienswaardighede in België.  Hulle is ook gelukkig om ‘n nag in Parys, Frankryk te oornag. Die eerste dag besoek die groep die stad en die tweede dag is dit tyd vir Euro-Disney. Die groep gaan ook ‘n paar dae in die Burgerskool wees en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul leerders daar deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders by twee Belgiese gesinne tuisgaan en daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags beskou.

Die leerders kom terug met baie stories en die aangenaamste herinneringe, maar meer nog, bring hulle die ervaring terug van wêreldreisigers. Hulle het ook elkeen twee families ryker geword en lewenslange vriendskappe gesmee.

Die Belge kom weer in Februarie 2020 na Suid-Afrika sodat die Arende vir hulle ook ons mooi land kan wys en hulle ook ons skool en manier van dinge doen kan ervaar.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal