Die Hoërskool Brackenfell is supertrots op hul matriekleerder, Nicky-Leeze de Wet, wat silwer gewen het in die British Junior International kompetisie in Engeland. Nicky-Leeze is ingesluit in die SA skole span vir skyfskiet waarin sy die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters-unie (SANSSU) verteenwoordig het. Nicky-Leeze en haar toerspan het vanaf 5 – 8 Augustus aan die British Junior International kompetisie in Engeland deelgeneem.
Baie geluk Nicky-Leeze met jou uitstekende prestasie!