)

Hoërskool Punt Vaatjie-Gholfdag

Die jaarlikse Vaatjie-gholfdag is vanjaar vir die 37ste jaar gehou. Dit word tussen die spanne van Hoërskool Punt, Laerskool Park, Laerskool Hartenbos, Milkwood Primary School en Country Eagles (Laerskool Vorentoe, Laerskool Herbetsdale en Laerskool Buffelsfontein) gespeel.

Vanjaar se uitslag:

1ste plek: Hoërskool Punt
2de plek: Country Eagles
3de plek: Laerskool Hartenbos
4de plek: Laerskool Park
5de plek: Milkwood Primary School

Individuele wenners:

Mnre. M Pelser en R Lessing van Hoërskool Punt

Borge-wenners:

J. Rabe en O. Lang van Konica Minolta

Daar is ook vanjaar ‘n kolhou (hole in one) deur Mnr. O Lang (Konica Minolta) op gaatjie nommer 15 geslaan. Dit is die eerste kolhou in die geskiedenis van die Vaatjie.

Hoërskool Punt het vanjaar die Vaatjie vir die vierde keer in ‘n ry (2015 – 2018) gewen. Die wenners van die Vaatjie is verantwoordelik om die volgende jaar se Vaatjie aan te bied.

Baie dankie aan die borge: Little Big Book Store, Konica Minolta, Volkswagen Mosselbaai, Ford Mosselbaai en Cachalot Mosselbaai

Baie dankie aan elkeen wat by hierdie dag betrokke is.

(foto): Vlnr: Mnr. W. van Huyssteen (Skoolhoof: Laerskool Hartenbos), Mnr. J. Joubert (Departementshoof: Laerskool Hartenbos), Mnr. F. Pieterse (Adjunkhoof: Hoërskool Punt) en Mnr. A. Gouws (Skoolhoof: Hoërskool Punt).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal