Hoƫrskool Durbanville het op Vrydag, 5 April, Stigtersdag gevier.
Hierdie tradisie word jaarliks in die HoĆ«rskool Durbanville Gedenktuin gevier. Die skool se Matriekgroep, saam met ān handjie vol eregaste wat Oud-Durbie Onnies insluit kom bymekaar om die stigters van die skool te vier, mense wat hul lewens toegewy het aan die skool en die Durbanville-gemeenskap, Oud-Durbies wat voor ons hier was en ook Oud-Durbies wat hul lewens verloor het.
Dit is vir Hoƫrskool Durbanville, as een van die oudste skole in die land, baie belangrik om hierdie tradisies te koester.