[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Op Saterdag 20 Oktober om 7:00 het HoĆ«rskool Strand se toutrekspanneĀ by Botha Kelder ingeklok vir die eerste kompetisie van die nuwe seisoen. Die nuwe seisoen is vol energie en entoesiasme afgeskop .
Met heelwat trekkers wat nie beskikbaar was nie, doen die HS Strand-trekkers uitstekend en is hul kompeterend in al die gewigsafdelings waarin hul getrek het. DieĀ 520kg-meisiespan neem as ‘n gekombineerde span deel, aangesien daarĀ nie genoeg meisies is binne daardie spesifieke gewigsafdeling nie. Hulle trek uitstekend om ‘n silwer medalje te verower. Hierna wys die ou hande, met ‘n paar nuwelinge in die span, watter krag hul later in die seisoen gaan wees en verower ‘n brons medalje in seker die moeilikste afdeling, nl. die 560 kg- afdeling.
Die kinders en ouers bewys weer watter ware ambassadeurs hul vir die skool, gemeenskap en toutrek is.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”17975,17976″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]