ASA JEUG- EN JUNIOR ATLETIEKKAMPIOENSKAP
Adriaan Kennedy van Hoërskool Strand het gedurende die vakansie aan die ASA Jeug en Junior Atletiekkampioenskap in die Paarl deelgeneem. Hy het gekwalifiseer om aan die S.18 400m hekkies finaal deel te neem en boonop ‘n goue medalje as lid van die S.18 4x400m-aflos verwerf.