Die leerders van HS Strand het verlede Donderdag, 1 Februarie, pragtig saamgewerk en meer as 200 5l-bottels water na die skool gebring waar dit gestoor word.Ā Die leerders wat sport beoefen, dra ook gedurende skoolure hul netjiese sportdrag met tekkies sodat die ouers nie so baie hul skoolklere hoef te was nie. Nog ‘n manier hoe die leerders geleer word om water te bespaar.
Die personeellede het ook inĀ groepe verdeel en die eerste groep het saam met die leerders hul 5l-waterbottels na die personeelkamer gebring vir o.a hul behoeftes in die personeelkamer soos koffie en tee.
Aangeheg is ‘n foto van die leerders wat hul 5l-bottels water saam skool toe gebring het.
Op die foto verskyn van links na regs:Ā Reinhardt le Roux, Megan Bowker, Mia Williams
Voor: Beatre Walker