[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.73″ background_layout=”light” text_orientation=”left” border_style=”solid”]
Oktober en November was vir Hoërskool Upington krieket van die beste tye dié jaar.
Die O/19 span, wat in die week speel, het die seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie en het vele mylpale behaal, deurdat ons spelers gereeld 50 lopies in ‘n beurt slaan. Bobby Duvenhage het teen AJ Ferreira ‘n uitsonderlike 186 lopies geslaan.
Die volgende spelers het provinsiale spanne behaal wat elk in verskillende stede in die land aan hul onderskeie toernooie gaan deelnaam:
Coca Cola O/19
Nakkie Duvenhage
Benré Engelbrecht
Griekwas O/17
Bobby Duvenhage
Dian Kapp
Griekwas O.17 Platteland
Giovanni Lategan
Griekwas O/15
Daylon Beukes
Griekwas O/15 Platteland
Geo Engelbrecht
Griekwas Dogters O/19
Claudia Velskoen
Daniëlle Tyers
Uppies het ook deurgedring na die Coca Cola T20 finaal wat teen Duineveld vroeg in volgende jaar gaan plaasvind.
Hierdie grondslag op skolevlak het dit moontlik gemaak dat die jong spelers uitsondelik gevaar het in die 50 boulbeurt dorpsliga. Uppies het 4 wedstryde die afgelope maand gespeel in die 2 de rondte van die toenooi. Eerstens het hul teen Carltonians te staan gekom, teen wie Uppies in die eerste rondte die knie moes buig. Vasberade om dié verloor nie te herhaal nie, het Uppies met die oorwinning weggestap.
Die tweede wedstryd was teen Duineveld se dorpspan. Duineveld het eerste gekolf en Uppies het hul uitgehaal vir 100 lopies. Uppies se openingskolwers, AW Duvenhage en Dian Kapp, het behoorlik onder die boulers ingeklim en die lopies baie vinnig afgeslaan sonder die verlies van ‘n paaltjie.
Die derde wedsrtyd was teen Upington dorp. Goeie boulwerk van Uppies het die span tot 155 lopies beperk. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies en staan slegs 31 lopies af in 8 beurte. Lee-Charm van Wyk boul 7 beurte, neem 1 paaltjie en staan slegs 18 lopies af.
Uppies kolf en vat twee vinnige paaltjies. Johannes du Plessis en Dian Kapp kolf bestendig en die lopies begin inrol. Johannes trek los en begin die boulaanval aanvat en slaan ses sesse en ses viere en teken 69 lopies in 32 balle aan. Dian vertolk sy rol as ondersteunende kolwer uitstekend en moker 62 lopies.Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies.
Die laaste wedstryd was teen die Dragons wat onder die vaandel van Kollege deelneem. Uppies wen die loot en stuur die Dragons in om te gaan kolf. Weereens huiwer die boulers nie om alles te gee nie. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies in 10 boulbeurte en staan 52 lopies af. Henco Kotze neem 3 paaltjies en staan slegs 33 lopies af. Die boulwerk stuit die Dragons in hul spore en hul kon net 134 lopies aanteken.
Uppies gaan in om te kolf en met ‘n blad wat glad is, gly die kolwers toe hul omdraai vir ‘n lopie en ‘n uithardloop is op die kaarte. Nogtans sit die nie die kolwers af nie. Giovanni Lategan slaan die bal goed raak en kies watter een hy wil wegsit. Hy teken 41 lopies aan. Johannes du Plessis kolf net so goed en wiks in ‘n kort tydjie 29 lopies. Nadat twee paaltjie baie vinnig na mekaar geval het stap ‘n jong Daylon Beukes wat graad 8 is na die kolfblad en is vasberade om die wedstryd vir sy skool te wen. Houe wat slegs in boeke aanskou kan word, word deur hom nageboots. Sy stukkie uitstekende kolfwerk gee hom 25 lopies asook die wenlopies. Uppies wen die wedstryd met ses paaltjies.
Die wenne tydens die tweede rondte plaas Uppies eerste op die ranglys en ons speel volgende jaar in die finaal teen Carltonians CC.
Dankie aan al die ondersteuners wat ons so getrou ondersteun elke Saterdag. Krieket is ‘n sport wat gekyk moet word en daar word Krieket gespeel so kom maar kyk.
Foto:
Voor: Daylon Beukes, Brend Mulder, Ferdie Richter, Lemley Mulder
Agter: Jacques Swanepoe (Organiseerder), Benré Engelbrecht, Henco Kotze, Lee-Charm van Wyk, Giovanni Lategan, AW Duvenhage, Dian Kapp, Johannes du Plessis, Bobby Duvenhage
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Johannes-du-Plessis-stuur-‘n-bal-vir-‘n-4.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Johannes-du-Plessis-kry-sy-50.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Dian-Kapp-behaal-sy-50-lopies.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]