Op 28 Oktober 2017 neem 4 Uppie-spanne deel aan hierdie sportgeleentheid in die” Lite” kategorie vir skole. Die spanne bestaan uit 3 atlete waarvan die 1ste atleet 250m in die rivier swem, dan oorgee aan die fietsryer wat 15km bergfiets ry en dan oorgee aan die drawwer vir die 5km wat op grondpad gedraf word.
Die spanne was as volg:
Span 1 Not fast, just furious
Swem: Jenny Steenkamp
Fietsry: Francois du Plessis
Draf: Kate Nugent Tyd 1 : 02 : 46
Span 2 Team Nitro
Swem: Teliza Zaayman
Fietsry: Daniel Rossouw
Draf: Morné Dlephu Tyd 1 : 12 : 41
Span 3 Uppies Ysters
Swem: Benré Engelbrecht
Fietsry: Henru Kotze
Draf: Nicolene Loots Tyd 1 : 16 : 53
Span 4 Uppies Incredibles
Swem: Elizabeth van Niekerk
Fietsry: Johané Botha
Draf: Geo Engelbrecht Tyd 1 : 24 : 43
Span 1 met Jenny, Francois en Kate wen dan ook die skole kategorie.
Jana Nel het ook individueel deelgeneem aan die Lite kategorie, haar tyd was 1 : 30 : 34. Baie geluk.
Atlete kon ook individueel inskryf. Dan moes die atleet al drie dissiplines op sy eie voltooi. Marco van der Merwe het in hierdie kategorie deelgeneem. Hy voltooi dit in 1:19:00.
Dit was, soos altyd, ‘n baie suksesvolle dag en al die deelnemers het dit geniet. Die atmosfeer en sportmangees wat geheers het vóór, tydens en ná die tyd, was iets om te aanskou. Ons is baie trots om Uppies deel van hierdie dag te kon maak en ons sê dankie aan elke atleet en al die ouers en ondersteuners wat ons kinders vooraf behulpsaam was, hulle op die dag gesteun het en die dag met ons gedeel het. Dankie vir insette en bydraes op watter gebied ookal.
Langs hierdie weg wil ons ook graag vir Pick ‘n Pay bedank as borg van twee van die Uppie spanne. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en bydrae om dit vir die kinders lekker te maak en spangees te bou.
Foto van Span 1
Jenny Steenkamp, Francois du Plessis, Kate Nugent en Mev. Maritz