HoĆ«rskool Upington se 0/15 krieketspan het op 24 Oktober vir HoĆ«rskool Carlton van Heerden aangevat in ān 25 beurt wedstryd op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het vroeg ān paaltjie verloor en die druk was hoog. ān Goeie beurt van 45 lopies deur Daylon Beukes het Uppies span weer moed gegee. Die Uppie kolwers maak elkeen ān bydrae en die span kry ān totaal van 172 lopies vir die verlies van 10 paaltjies.
Daarna stuur Uppies vir Carlton van Heerden in om te kolf. Die boulaanval begin verwoed en na die die 6de beurt het Uppies alreeds 5 paaltjies geneem en slegs 10 lopies afgestaan. Twee van Carlton van Heerden se kolwers steek vas en sit ān paar lopies op die telbord. Die Uppie seuns lewer uitstekende veldwerk en beperk Carlton van Heerden tot 71 lopies; almal uit. Uitblinkers met die bal was Daylon Beukes met 4 paaltjies en Ferdi Richter met 3 paaltjies.
Uppies wen dus die wedstryd met 101 lopies. Welgedaan seuns.
Name op foto:
Agter links na regs – Miguel Meintjies, GT Geldenhuys, Brend Mulder, Ferdi Richter, Mnr SD Botes, Jaydon Fortuin, Awie van der Westhuizen, John-Marc Solomon.
Voor links na regs – Geo Engelbrecht, Gideon Breedt, Daylon Beukes, Keeanu Babu.