)

Uppies 0/15 krieket vaar uitstekend teen Carlton van Heerden

Hoërskool Upington se 0/15 krieketspan het op 24 Oktober vir Hoërskool Carlton van Heerden aangevat in ‘n 25 beurt wedstryd op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het vroeg ‘n paaltjie verloor en die druk was hoog. ‘n Goeie beurt van 45 lopies deur Daylon Beukes het Uppies span weer moed gegee. Die Uppie kolwers maak elkeen ‘n bydrae en die span kry ‘n totaal van 172 lopies vir die verlies van 10 paaltjies.

Daarna stuur Uppies vir Carlton van Heerden in om te kolf. Die boulaanval begin verwoed en na die die 6de beurt het Uppies alreeds 5 paaltjies geneem en slegs 10 lopies afgestaan. Twee van Carlton van Heerden se kolwers steek vas en sit ‘n paar lopies op die telbord. Die Uppie seuns lewer uitstekende veldwerk en beperk Carlton van Heerden tot 71 lopies; almal uit. Uitblinkers met die bal was Daylon Beukes met 4 paaltjies en Ferdi Richter met 3 paaltjies.

Uppies wen dus die wedstryd met 101 lopies. Welgedaan seuns.

Name op foto:

Agter links na regs – Miguel Meintjies, GT Geldenhuys, Brend Mulder, Ferdi Richter, Mnr SD Botes, Jaydon Fortuin, Awie van der Westhuizen, John-Marc Solomon.

Voor links na regs – Geo Engelbrecht, Gideon Breedt, Daylon Beukes, Keeanu Babu.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal