)

Uppies skitter op krieketveld

Hoërskool Upington se 0/15 krieketspan het Dinsdag, 17 Oktober, ‘n 25 beurt wedstryd gespeel teen Kenhardt op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies se kolwers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n reuse telling van 229 lopies in hul toegelate 25 beurte gemoker. Uitstaande kolwers vir die dag was Brend Mulder met 69 lopies en Ferdie Richter met 61 lopies.

Daarna het Uppies vir Kenhardt ingestuur om te kolf. Al die Uppie boulers het hul kant gebring met die bal sowel as veldwerk. Uppies beperk vir Kenhardt tot slegs 65 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Beste boulers vir die dag was Theuns Theunissen met 3 paaltjies en Miguel Meintjies en Geo Engelbrecht elk met 2 paaltjies.

Uppies wen dus die wedstryd met 164 lopies. Baie geluk seuns.

Foto:

Agter van links na regs: Daylon Beukes, Awie van der Westhuizen, Geo Engelbrecht, Brend Mulder, Ferdie Richter, Grannon Brand,

Voor van links na regs: Jaydon Fortuin, Theuns Theunissen, Gideon Breedt, John-Mark Solomon.

Afwesig: Miguel Meintjies, GT Geldenhuys.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal