Tafeltennis – Vir die eerste keer in 20 jaar het Hoërskool Zwartkop se tafeltennisspanne geskiedenis gemaak. Hierdie tafeltennisspanne is as kampioene van die 2026 Gauteng-Noord Skoleliga gekroon. Dit is ’n ware mylpaal wat die skool en sy sportkultuur met trots vul!
Die 3de tafeltennisspan het op 13 Mei teen Afrikaanse Hoër Meisies kragte gemeet. Hulle het die seisoen afgesluit met ’n indrukwekkende 24 – 6 oorwinning. Net daarna het die 1ste tafeltennisspan tuis teen Hoërskool Montana se 1ste span gespeel en hul laaste wedstryd met ’n puik 22 – 8 sege beklink.

Hierdie dubbele oorwinnings het die Zwarries se naam weer hoog op die sportkaart geplaas en die hele skoolgemeenskap laat juig. Van afrigters tot ondersteuners – almal het saam die triomf gevier.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








