Region 3 Taekwondo-Kampioenskappe.
Op 1 Mei 2026 het Janco en Anné Scheepers, twee uitmuntende atlete van Hoërskool Jim Fouché, aan die Free State Region 3 Taekwondo-kampioenskappe in Kroonstad deelgeneem.
Beide het hul ongelooflike talent en toewyding gewys deur uitstekende prestasies te behaal:
- Janco Scheepers:
- 3de Dan Swartbelt (15–17 jaar)
- 2de plek in Traditional Combat Sparring
- Anné Scheepers:
- 2de Dan Swartbelt (13–14 jaar)
- 1ste plek in Traditional Combat Weapon
- 2de plek in Traditional Combat Sparring
Hierdie prestasies is nie net ’n bewys van hul harde werk en dissipline nie, maar het ook vir beide die ongelooflike geleentheid besorg om Suid-Afrika te verteenwoordig as deel van die 2026 Wêreldspan. Die wêreldkampioenskappe vind van 13 tot 20 Julie in Phoenix, Arizona (VSA) plaas.
Hoërskool Jim Fouché is uiters trots op Janco en Anné – julle is ware ambassadeurs van die skool en die land. Julle toewyding en vasberadenheid inspireer ander jong sportlui om ook groot drome na te jaag. Baie geluk aan Janco en Anné!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











