Wiskunde in Hong Kong – Laerskool Truida Kestell is ongelooflik trots op een van hul Graad 7-leerders. Luther Nel is gekies om aan ‘n wiskunde-kompetisie in Hong Kong deel te neem. Hy is gekies om deel te wees van een van slegs twee spanne wat Suid-Afrika by ’n internasionale wiskunde-kompetisie in Hongkong gaan verteenwoordig.
Luther en sy span vertrek op 9 Julie, waar hulle teen van die wêreld se beste jong wiskundiges gaan meeding. Hierdie prestasie is ’n bewys van sy harde werk, toewyding en liefde vir wiskunde.
Die hele Truida Kestell-familie staan agter jou, Luther. Jy dra die Suid-Afrikaanse vlag met trots en ons weet jy gaan ’n blink voorbeeld wees van wat ’n Truidjie kan bereik.
Baie geluk, Luther! Truidjies is almal in die gees saam met jou op hierdie ongelooflike reis.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








