100 Caps vir Juané. Hoërskool Witteberg vier 100ste CAPS vir Juané!
Tydens die afgelope naweek se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks teen Goudveld het Juané Loubser (Gr. 12) ’n merkwaardige mylpaal bereik: haar 100ste wedstryd vir Witteberg se eerste hokkiespan.
Die geleentheid is ekstra spesiaal gemaak toe oudspelers Amy Kotzé en Evané du Toit saam met Juané en haar ouers die oomblik kom vier het – ’n ware bewys van die sterk bande en tradisie wat Witteberg-hokkie dra.
Juané se toewyding, uithouvermoë en passie vir die sport inspireer haar spanmaats en die hele skoolgemeenskap.
Baie geluk, Juané – jy is ’n ware rolmodel en ons is ongelooflik trots op jou!


Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










