Fairtree Netbal Sportfees. Uppies Netbalspanne skitter by Fairtree Sportfees 🌟
Hoërskool Upington se o/19- en o/15-netbalspanne het die afgelope langnaweek hul merk gemaak by die Fairtree Netbal Sportfees in Menlopark.
Wat ’n voorreg om te sien hoe ons dogters hul harte op die baan los – met vasberadenheid, spanwerk en ’n stuk Uppie-gees wat nie maklik geklop word nie.
Daar was harde wedstryde, groot oorwinnings, teleurstellings wat groei bring… en natuurlik ’n paar welverdiende Speler van die Wedstryd-toekennings waarop Uppies ongelooflik trots is:
- Su-Mari Kotzé – vs Dr Malan o.19A en vs Randburg o.19A
- Lida Hugo – vs Hugenoto o.19A
Meer as net die uitslae, was dit ’n naweek van saamstaan, lag, leer en herinneringe bou wat lank gaan bly.
’n Groot dankie aan elke afrigter wat hul tyd en energie gegee het om hierdie ervaring moontlik te maak. Julle rol agter die skerms maak ’n wêreld se verskil.
Uppies is trots. Altyd.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











