NWU Prestige Sportreeks – Hoërskool Wesvalia se gholfspelers het deelgeneem aan die NWU Prestige Sportreeks. Tydens die sportreeks het hulle gewys hoekom hulle ’n krag is om mee rekening te hou.
Die juniorspan het ’n puik vertoning gelewer en algeheel in die 2de plek geëindig, met Zandré Ehlers wat ’n indrukwekkende 79 aangeteken het.
Die seniorspan het egter die kroon gespan. Hulle het hul afdeling gewen, met Joshua Gurschler wat ’n stylvolle 74 gespeel het.
En die kersie op die koek? Wesvalia se gholfspelers is die algehele Wenners van die Sportreeks 2026.
Baie geluk aan elke Wessie-gholfer. Julle harde werk, talent en spanpoging het die skool se naam hoog gehou.
Hoërskool Wesvalia bars van trots saam met julle!


Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor









