LIMA Liga 1 Landloop – Merensky Landbou Akademie se landloop-atlete het deelgeneem aan die LIMA Liga 1 landloop. Dit het plaasgevind Saterdag, 18 April 2026, by die Euphorbia School in Mookgophong. Plasies het hul krag en deursettingsvermoë ten toon gestel tydens hierdie byeenkoms.
Onder swaar reën en modderige toestande het die span nie teruggestaan nie. Elke atleet het met moed en vasbyt meegeding en puik vertonings gelewer.
Uitslae van die LIMA Liga 1 Landloop was as volg:
- Zené Gouws – 4de (Dogters o.14)
- Yolindi Visagie – 5de (Dogters o.14)
- Christine Venter – 6de (Dogters o.14)
- Jayden du Plessis – 7de (Seuns o.14)
- Andrew Dauth – 16de (Seuns o.17)
- Luné Joubert – 18de (Dogters o.15)
- Eddie Mostert – 18de (Seuns o.17)
Elke posisie is ’n bewys van die harde werk en vasberadenheid waarmee die atlete oefen en kompeteer. Die nat en glibberige baan het die uitdaging net groter gemaak, maar Merensky se span het met trots en karakter deurgedruk.

Merrensky Landbou Akademie is ongelooflik trots op hulle atlete. Hierdie atlete het gewys dat Merensky-atlete nie maklik terugdeins nie,” het die afrigters gesê.
Baie geluk aan al die landlopers! Julle het nie net prestasies behaal nie, maar ook die Merensky-gees hoog gehou.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








