SANESA se 3de kwalifiserende rondte. 🐎 Naudeville Ruiters skitter in Bloemfontein!
Primêre Skool Naudeville in Welkom se ruiters het op 11 en 12 April aan die SANESA 3de KwalifiserendeRondte by die Bloemfontein Equestrian Centre deelgeneem – en weereens puik prestasies behaal!
🌟 Uitblinkers
Hanno van Jaarsveld met Storm Rider: 1ste – Jumping A2 90cm, 1ste – Jumping Other 90cm, 1ste – Working Riding Level 7
Ava Adendorff met Shangar: 1ste – Working Riding Level 5, 2de – Dressage L4, 3de – Jumping A2 70cm, 5de – Jumping Other 70cm
Beaule Jordaan (Graad 5): Met Buttercup: 2de – Jumping A2 70cm, 2de – Jumping Other 70cm. Met Skyline 1ste – Jumping A2 60cm, 1ste – Jumping Other 60cm
Miah Erasmus (Graad 3): 2de – Show Jumping 50cm, 7de – Working Riding Level 1
Hierdie uitsonderlike prestasies wys die talent, toewyding en harde werk van ons ruiters en hul perde. Hierdie ruiters dra die naam van Naudies met trots en inspireer hul skoolmaats om ook groot te droom.
Baie geluk aan elke ruiter – julle maak jul skool ongelooflik trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











