Bloemfontein Equestrian Centre – Twee leerders van Hoërskool Fichardtpark se ruiters het weer hul merk gemaak. Chrisilee Rossouw en Corné Rossouw het aan die tweede kwalifiserende rondte van die Bloemfontein Equestrian Centre deelgeneem.
Hulle uitslae was as volg:
Chrisilee Rossouw het puik presteer met:
- 2de plek in Dressage A
- 4de plek in Dressage B
Corné Rossouw het ook sterk vertonings gelewer met:
- 7de plek in Dressage A
- 5de plek in Dressage B
Die Fichie-familie is ongelooflik trots op julle albei. Jul harde werk en toewyding straal uit in die arena!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








