CUT Skole Sjef-kompetisie – Hoërskool Fichardtpark is baie trots op hul Verbruikerstudie-spanne. Op Donderdag, 16 April, het vyf Verbruikerstudie-spanne van Hoërskool Fichardtpark hul kooktalent ten toon gestel by die CUT Skole Sjef-kompetisie.
Twee van hulle spanne het deurgedring na die finaal op Vrydag. Hulle het ’n uitdagende “secret box” met bestanddele ontvang en moes ’n hoofgereg voorberei.
Fichies het uitmuntend gevaar en die 1ste én 2de plekke verower.
Die Wenners was:
- Abigail du Toit en Lianie Luüs
Die Naaswenners:
- Rudi Smit en Allen Fleischman

Daarby is Abigail en Lianie ook bekroon as die span met die beste higiëne op die dag. Dit is ’n prestasie wat hul professionaliteit en toewyding onderstreep.
Baie geluk aan al vyf die verbruikerstudie-spanne wat deelgeneem het. Julle het Hoërskool Fichardtpark se naam met trots verteenwoordig.
Fichies is ongelooflik trots op julle.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








