)

Gauteng Netbalproewe – Hoërskool Driehoek bars van trots

Gauteng Netbalproewe. Hoërskool Driehoek Netbalsterre skitter! 🏐✨

Ons harte bars van trots oor drie van ons uitblinkers wat hul merk gemaak het op die netbalbaan. Hierdie talentvolle dogters het deurgedring na die finale rondte van die Gauteng-proewe. Dit vind plaas op 27 April by Hoërskool Florida – ’n mylpaal wat net die beste van die beste bereik.

Christi Beyers (o/16)Logan van der Bank (o/15)Leané Oberholzer (o/14)

Om só ver te vorder beteken dat hulle gereken word onder die top 10–12 spelers in Gauteng in hul ouderdomsgroep en posisie. Dit is ’n ongelooflike prestasie wat nie net hul talent en harde werk weerspieël nie, maar ook die toewyding van hul afrigters en die ondersteuning van die hele Hoekie-familie.

Hierdie drie sterre dra nie net die naam van Hoërskool Driehoek met trots nie, maar inspireer ook hul spanmaats en jonger spelers om groot te droom. Hulle wys dat dissipline, passie en deursettingsvermoë die sleutel is tot sukses.

Ons wens Christi, Logan en Leané alle sterkte toe vir die finale rondte – onthou, julle dra reeds die kroon van Hoekie-trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsdriehoek.com/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal